BLOMBOS VASBYT

EVENT DETAILS

  1. VASBYT SE PLAN (Kostes R3500/skolier)

Ons VISIE vir die kamp is as volg; KWEEK LEIERS MET KARAKTER. Suksesvolle vasbyters word beloon met ’n medalje en ’n leierskap sertifikaat vir KARAKTER wat kwaliteite soek van; onderskeiding, waagmoed, leerbaarheid en vaardigheid.

  1. SPAN LEIERS EN STRUKTUUR.

Ons het 4 jeugleiers en 4 personeel lede wat ons bystaan om saam met die SPANLEIERS te werk.

Vasbyt Leierskamp Struktuur / Leadership Camp Structure

  1. PROGRAM, VISIE & DOELWITTE

3.1. VISIE

Kweek leiers met karakter.

3.2. MISSIE

Ons het 8 dae om kinders hul potensiaal te laat ontdek en hul die kwaliteite aan te leer hoe om daardie potensiaal te ontsluit.

3.3. DOELWITTE vir die VASBYT

Ontdek die 4 kwaliteite wat leiers met karakter moet aanleer.

  1. VAARDIGHEDE (Competence).

Studente moet aanleer hoe om te oorleef op hul voete, in die see en tussen ander mense in ’n groep.

Google soek vir MIKE HORN en berei ’n 3 minute toespraak voor oor Mike Horn.

  1. WAAGMOED (Courage/Bravery).

Studente word uitgedaag om hul eie sterk en swak punte te ontdek en ook hul eie waarhede te leer ken en hulself te verwoord oor dit.

Kan God ons omstandighede verander? Yip, Hy kan. Verander jou omstandighede nie? Nope, dan wil Hy jóú dalk verander.

Wie is KOOS STADLER? Google “The TEAM Secret” en gee vir ons ’n 3 minute terugvoer oor wat belangrik is in “The TEAM Secret”.

            iii. ONDERSKEIDING (Clarity).

Die lewe is NIE REGVERDIG NIE. Studente moet kan onderskei watter eienskappe ’n goeie leier nodig het. Wat is die verskil tussen leierskap en bestuur? Wat doen ons as situasies hand uitruk en onregverdig word?

Die persoon Edmund Hillary? Wat het hy wanneer gedoen wat hom bekend gemaak het? Wie was sy regterhand? Julle het 3 minute om terugvoer te gee aan die groep.

  1. LEERBAARHEID & VEERKRAGTIGHEID (Coachability & Resilience).

Kan ons groei as ons nie wil leer nie?  Is ek goed genoeg sonder om aanpassings te maak in my persoon? Studente moet leer wat nodig is om as ’n span saam te werk deur aan te pas maar ook hul eie regte te beskerm.

Nou, as ek of jy by een van ons Safari & Outdoor-eienaars aan tafel sit en hy vra of ons van jag hou, sou ons dalk moeilik verduidelik dat ons nie van bokskiet hou nie. Dit sal moeiliker wees as die wildsboud fantasties gesmaak het.

Dis nou skoorsoek se Moses! Dit is nou amper om die grootwildjagter te vra of die buffel wat hy geskiet het binne of buite die kraal vasgemaak was toe hy hom loop skiet het?

Die belangrikheid daarvan om waarheid te spreek, maak ons toekoms ʼn avontuur of dit loop in ʼn doodloopstraat vas. Die waarheid maak ons immers vry. Jesus spreek vals spiritualiteit en kulturele vooroordeel aan wanneer hy die argument aanknoop. Dit is die verskil tussen vredehouers en vredemakers, die afstand tussen ʼn leuen en ʼn halwe waarheid.

  1. BESTEMMINGS & AVONTURE VIR DIE WEEK

 iALA het 5 groot UITDAGINGS in die 10 dae se aktiwiteite. 

I           Stilbaai STRANDE vir “Ken die See” en waagmoed.

II          LANGEBERGE vir spanwerk en onderskeiding asook kaartwerk.

III        NOUKLOOF vir leerbaarheid.

IV        Kayaking in STILBAAI vir vaardigheid.

V         BLOMBOS vir “oorlewingskuns en VASBYT”…kweek leiers met karakter.

  1. AANSOEKE

Aansoeke kan voltooi word vanaf hierdie webblad (sien onder). Jy kan ook ‘n epos stuur na jan@iala.co.za. Ons sal ’n aansoekvorm aanstuur wat jy moet voltooi en terug epos. Jou aansoek sal binne 48 uur geantwoord word waarna jy ’n deposito moet betaal om jou plek te verseker. Ons aanvaar net ’n beperkte hoeveelheid studente.

  1. PAKLYS

ALS moet in EEN rugsak gepak kan word! WAT MOET JY PAK VIR DIE VASBYT?  

STAP Rugsak, (65L) is ’n uitstekende opsie. SLAAPSAK …’n Nuwe slaapsak kan oorweeg word maar gebruik sommer die ou een by die huis ook. Grondseil en stap matrassie as jy dit het. Duiktoerusting (Snorkel, duikbril en flippers) & handdoek. Koplig en sakmes. Swemklere. Dames geen 2 stuk asb!

Kamp eetstel wat bord, beker, mes en vurk asook lepel insluit.

KLERASIE. 3 stelle… een aan die bas, een in die kas en een in die was! Hierdie klerasie sluit jou oefenklere uit. Jy het ’n oefenbroek en t-shirt en of “second skin” nodig. Hardloopskoene.

  1. LOGISTIEK TOT PROGRAM.

7.1. AANKOMS (Saterdag,10 Desember 2022 teen 14H00). Studente word op opgetel in George nie later as 11H00 by of die GEORGE Lughawe of by die bus stop in Voorbaai, Mosselbaai. Studente wat op hul eie reis moet teen 14H00 op terrein wees in Stilbaai. Aankoms en verwelkoming volg asook kampreëls en toerusting.

7.2. VERTREK (Vertrek 17 Desember 2022 na ONTBYT huistoe)

Studente sal selfversorgend funksioneer vir die 8 dae. Alle vorme van ervaringsleer word ingespan om kandidate toe te rus om as suksesvolle leiers weg te stap van hierdie ervaring. Studente moet aanvaar dat dissipline en respek die mees basiese vorm van verantwoordbare leierskap is. Vervoer vanaf George lughawe en die bus depot in Voorbaai, Mosselbaai sal gereel word. Studente vertrek op dag 8 terug huistoe en sal weereens op George lughawe en Voorbaai Mosselbaai afgelaai word. Mans en dames slaap apart in tente vir die eerste 6 dae. Daarna volg die vasbyt langs die kus. Alle etes is ingesluit in pakket. Padkos en eie bederf etes is vir die rekening van die student self.

REGISTRATION (pay below after registering)

BUY YOUR TICKET AFTER REGISTRATION

R3500,00

Shopping Cart
Scroll to Top